Die afgelope tyd is die woord "belonging" baie gebruik in geselskappe waar ek was. Ekself het in 'n sekere mate die Ingelse woord ge-"imposeer" (vatso) omdat dit beter klingeling op die oor as die Afrikaanse eweknie "behoort aan". Om te behoort of te belong is 'n vel en been bestaans-eksistensie van mens, plant en dier. Veral ook omdat ons menslike spesie die meer redelike tipe van die skepsels is en tog doelbewuste keuses daaroor kan maak om aan andere om ons 'n ervaring van belonging te kan skep (selfs teen die dierlike instink in van "ek in my klein hoekie en jy in joune......en bly daarmee sover weg van my sodat ek nie skuldig voel as ek jou nie laat voel dat jy hier in my ruimte hoort nie.... of die lui-instink dat dit eenvoudig te veel moeite is, want dit vra baie tyd en opoffering van my). Meng hierdie oorlewingsinstink met ons vraatsug na ons eie behoefte-bevredigende-super-geestlikheid en jy het 'n dinamiese lewens -en verslawende drankie wat jou op 'n high laat inskop vir 'n onewige oomblik (totdat jy die volgende enetjie ......met eishh ja...... gevat het). Dit klink dalk erg om dit so flagrant uit te "vloek", maar die ruimtes van beloning het soms 'n oppervlakkige westerse verbruikers ekskluwistiese eletistiese christelikheid geword, waarin dit uiteindelik net oor my eie koninkryk gaan. Die "natuurlike" grense van ouderdom, geslag, ras en kleur van jou vel, taalvoorkeure, seksuele voorkeure, inkomste groepe, woonbuurte, motors, kerkgroep, werkgewer/werknemer, die span waarin jy speel, intellegensie, voorkoms, ens maak dit erg moeilik om uit die staanspoor die "ander" (hulle) in jou ruimtes tuis te laat voel.
Ons probeer in die kerk, nee eerder gemeentelike opset, hierdie plekke van belonging bied. Dit is egter in baie gevalle hoogs gekontamineerde havens waarin die mengeldrankies jolig geklink word en goeie mense dronk rondval van hierdie ingegroeide synsruimte. Die anderkant is ook waar (dankie tog).
Daar is mense wat die vermoe het om opreg en met die regte redes mense in te nooi in hulle ruimtes in en terselfdertyd nooit die grensedrade span sodat die wat binne is 'n saamgekoekte spulletjie word nie en die wat nog soek na 'n plek om te hoort en aanvaar te word altyd welkom en ingesluit kan voel.
Die Nood vir plekke van belonging is groot, van fopspeen-dae tot en met bewerige hand op die kierie-dae. Ons wil almal iewers hoort. Ek besef ook dat hierdie inherente oorlewingsdrang is veel meer kompleks en dieper as wat ek in hierdie paar woorde vas kan vat. Maar die samehorigheidsmengeldrankies wat ons opdis aan die wat soos ek is, is vir my 'n goeie voorbeeld van ons eie selfsug en daarom 'n uiters verslawende en gevaarlike een. Die natuurlike grense en hekke na die plekke van belonging is net te sterk, te klein en goed geketting, vir die meeste van ons.
Die soberheid wat onvoorwaardelike liefde, woorde en optredes van menswaardigheid en aanvaarding bied, is 'n brose (sorry, ek weet ons gebruik die woord deesdae te veel) ingesteldheid, maar ook die suurstof wat ons nodig het om goed te leef.