
Logika was vir my soos sin, cos en tan op skool. Ek het altyd net gemaak of ek weet wat aangaan. Soms het ek regtig probeer weet, want ek moes 'n punt kry om deur te kom. Dan het ek maar vrae gevra (net soms want ek wou nie dom klink nie), ander ouens se vrae in ou vraestelle bewerk met moontlikke antwoorde en selfs probeer luister wat ander ouens vra (die slim ouens se vrae was gewoonlik slim vrae en kon ek lekker parasiteer op hulle vrae en antwoorde wat gevolg het). Volgens sekere reels oor elke vakgebied, was my antwoorde reg of verkeerd.
Wanneer die vraag-en-antwoord-ding binne verhoudings in werking kom, skop 'n ander strorie in. Dit voel vir my dat die reels van hierdie vakgebied anders benader en verstaan moet word. Vir verliefdes is dit 'n lekker ontdekkingspeletjie. Met ou getroudes, familie en gewone vriendskappe word dit 'n versigtige, emosionele en veelkantige bestaans"risiko". As ouers vrae aan hulle kinders of tieners (veral lg) vra en sekere antwoorde verwag, is dit frustrerende momente. As getroudes dit doen, is daar baie op die spel. Die stemvolume, die pitch van stem, die pouses tussen elke woord, die kyk in die oog, die liggaamshouding en die mood van elkeen is maar net 'n paar faktore wat my gedagtes laat hakkel.
Vandag wonder ek maar net weer en vra hier aan die voet van die mooi berg vir myself hierdie vraag en weet ook ek wil eerder versigtig wees met (maklike)antwoorde en ook versigtig en sensitief moet omgaan met almal wat saam met my asemhaal.
No comments:
Post a Comment