DAG 4
Toe die dag se lig skramsweg
kop uitsteek, was die voëls vanoggend weer sterk besig met hul lofliedjies. Ja, ek
noem dit maar lofliedjies. Daar was nie paniekliedjies nie. Ook angsliedjies of
vlugliedjies nie. Net lofliedjies. Hulle, die voëls is nie in ‘n grendelstaat nie. Hulle klink meer vry (moediger) is voorheen. Maar ek weet dit is nie so nie. Hulle word
nie aangejaag om betyds te wees of by nog iets uit kom nie. Hulle is net waar hulle nou moet wees en sing soos hulle kan sing.

Gewoonlik word voëls, vir ons mensvel-skepsels, gesien as boodskappers. Boodskappers van vrede, verandering, vryheid en mag. Martin
Luther het die voëls in die Swartwoud gesien as teoloë wat ons leer om suiwer aan
ons Godlied te sing. Ek hou daarvan.
Jesus noem in Matt 6:26 die
wilde voëls die “objekte” van God se Vadersorg.
Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
Sy woorde help om te fokus op God as Vader wat liefhet
en sorg. Juis daarom kan ons sing.
Jy is geliefd en word voor gesorg.
Sing maar!
Nuttelose inligting
Die Amerikaanse Hummingbird is die enigste voël wat agteruit kan vlieg.
Die pikkewyn is die enigste nie vlieënde voël wat kan swem.
Die pikkewyn is die enigste nie vlieënde voël wat kan swem.
Sing saam..laat my dink aan n boek wat jy jare terug vir my gegee het...wie sug kan sing! Ek leer dit nog doen elke dag. Xxx
ReplyDelete