DAG 5

Dit gebeur ook dat ons te veel woorde gebruik, selfs al
staan jy voor in die praat-ry. Wanneer dit jou beurt is, praat jy so baie dat
ander nooit voor in die ry kan kom nie. Die gevaar is dat jy dan kan dink
niemand anders wil praat nie en nou praat jy maar, want jy het so baie woorde
om op te gebruik voor die dag verby is. Ek wil nie ingaan watter dik spore in hierdie
sand vars getrap is nie.
In Spreuke 18:21 word wyse woorde gepraat. Ou Salomo
kan maar my plek in die praat-ry en woorde-ry kry.
Die tong het mag oor dood en
lewe;
dié wat lief is om te praat,
sal die gevolge dra.
In ons saamtyd met ander
onder dieselfde dak, mag ons in die praat-ry wag tot dit ons beurt is. En
wanneer ons beurt kry, praat die regte en mooi woorde sodat ander ook beurt
kry.
(ns. Hierdie geld seker ook vir wanneer ons sosiale media praatjies maak,
op telefone praat en al daai ander lekker kommunikasie devices wat ons gebruik –al
die praat-rye en praat-beurte)
Briljant
ReplyDelete