Hoewel die openingskonsert van die 2010 World Cup sokker vele tegniese tekorte geblaps het, het die (kompakte) openingseremonie van gister voor Bafana se wedstryd my trots gemaak. Dit voel kompleet of ek redelik emosionele gedagtes begin wys, deesdae, want ek het diepgesluk dat die trotsknop in my keel nie te seer raak nie. By die konsert van Donderdag was Desmund Tutu se passie vir die lewe, vir mense en die land 'n inspirerende knopkeel ervaring en verseker een van die hoogtepunte. Baie mense kry waarskynlik 'n pyn in die keel van ander tipe emosies as my eie, maar dit is mos maar so.
Tot op die laaste minuut van onse Bafana wedstryd was ek trots en het hulle hul land se naam hoog gehou en respek afgedwing. Daar was passie in die spel van altwee spanne. Dit was great en 'n goeie aanvulling tot die OOMBLIK wat ons nou hier en reg oor die land ervaar. Ek dink ons is bevoorreg om NOU hier te kan wees en vuvuzela's in oor te hoor raas. Dis erg, hierdie klank, maar dit is great.
Ons is nou oppad na 'n vriend se 50ste verjaarsdag. Ek leer elke keer van hom oor die lewe. Hy stap elke tree, die moeilikes en maklikes, met groot passie, en drink voluit van die waterstrome waarby hy kom. Ons gaan eers 'n een of ander sokker-wedstryd op hulle plaas speel en dan die res van die vieringe soos eet en drink.
Met al hierdie dinge voorbeelde leer ek nog steeds hoe om te leef en dalk met meer passie as in die verlede, want nou is al wat ons het....
Ons het biki gesukkel om alles te sien, by die lughawe, maar die vuvu's en opgewondenheid was aansteeklik. Ek's die Here so dankbaar vir Sy bewerkinge in ons land, selfs deur sokker en rugby in Soweto,om versoening en vrede te bewerk. Ons kyk saam met julle as trotse Suid-Afrikaners - 'Nkosi sikeleli Afrika!
ReplyDelete