As ek reg onthou is dit een van ons geloosgurus van 'n vorige eeu wat iewers genoem het dat vergifnis is die besigheid van die Kerk. Dis die genade-geskenk wat ons ontvang (het) en wat ons moet skenk aan ander. Die einste vriend van my het my bekend gestel aan die SA sanger, Nicholas Louw se liedjie genaamd "Vergeet en Vergewe".
Die woorde lyk so:
Weggestoot verneuk verniel
Duisend trane verloor nog 'n siel
In die donker agter die deur
Hoekom maak ons mekaar so seer
Goddeloos hoogmoed en moord
Jaloesie vertroue oorboord
Die kinders huil sal ons eendag leer
Hoekom maak ons mekaar so seer
Vergeet en vergewe
Vergewe my sonde weer
Staan by die wete
Dis wat die liefde leer
Vergeet en vergewe
Vergewe die laaste keer
Begin by die einde
Tussen die lyne
Vergewe al maak dit seer
Mishandel vervloek en verward
Nog 'n leuen die tong is 'n swaard
Vat die woord kom ons probeer
Waarvoor maak ons mekaar so seer
Dis nogal 'n kragtige lied oor 'n proses wat ons binnestes uitdop.
Ek wil en kan nie maklik hieroor praat nie, maar iewers het die ding in my begin broei en opgestoot as 'n goeie soort sooibrand.
Al wat ek deur die wind se waai hoor is 'n deuntjie wat getalle van 7 en 490 oor my uitgedoptheid neurie. Hierdie Wind ruk so bietjie anders as die sagte briesie wat Moses destyds verras het.
Vandag en more moet en gaan ons (in die Kerk) besigheid doen en ek weet ek vanaand my selebrasie-instrument so klein bietjie vrye kan blaas...
No comments:
Post a Comment