DAG 18
Ek kan my nie indink om in ‘n klein huisie met min of
meer geen erf te bly in hierdie dae nie. Ook nie in ‘n woonstelblok waar jou
woonstel die leefspasie is wat jy moet deel met ander nie. Ek het een jaar van
my lewe ‘n woonstel gedeel met iemand. Ek het in die sitkamer gebly. Die
woonstel was op die twee vloer. Hoewel dit in Stellenbosch en so te sê in die bekende
en gewilde Laan was, het ek swaargekry. Ek en my woonstelmaat en vriend se
vriendskap het so effe dip gevat, want die spasie het beknop geword.
Daarom voel ek nie so kwalifiseerd om te skryf oor
spasies nie. Ook omdat ek nou al vir meer 20 jaar in ‘n massiewe huis op ‘n
groot erf woon. Ek is bevoorreg tot die mag tien. Maar ek kom agter dat daar dejavu’s
deur my tornado op tye wat ek dit nie verwag nie. Dit is die rooivlaggies van
die saamwees (in die selfs fantasiese groot spasies) waarin alles spasies
beknop word. Jy bedoel dit nie, maar jy flair soos ‘n vuurwerk op Guy fox. Maar in hierdie geval is dit nie mooi of aanskoulik nie.
Slim mense sê dat mens hierdie irritasie-siklus kan breek deur ‘n paar praktiese dinge.
Byvoorbeeld, bewaar die vrede deur iets positiefs te sê (of te doen). Negatiewe
woorde en opmerkings (en gedagtes) is verdoemend vir verhoudings. Dit is ook nie 'n vuurwerk-gloeilamp-openbaring nie, maar die irriterende waarheid. Dit is nie net eenvoudig negatiewe opmerkings wat dinge skeef trek nie, maar eerder
die ratio van negatiewe en positiewe opmerkings wat ‘n groot rol speel. Daar is
gevind dat vir goeie verhoudings (wat lekker harmonie en balans bevat), daar vyf
goeie opmerkings behoort te wees vir elke een negatiewe opmerking. Indien ‘n persoon
glip (soos ek baie doen) en ‘n kritiek uitspreek of negatief kla oor iets, moet
hy of sy dit onmiddellik en doelbewus opvolg met waarderende woorde. Dit breek
die aanval en verdediging patroon en kan irratasie-siklus nie net afplat nie, maar
opbreek.
Dit is goeie raad en gedagtes en gaan baie dissipline
en baie onthou vra.
Dit klink eintlik ook na commensense.
Om een of ander rede, terwyl ek hier in die stilte van
die oggend sit en griffel, kom daar weer ‘n lied in my kop op. Dis weer ‘n ou
lied wat ouens gesing toe hulle op die pad was na ‘n fees in ‘n stad (ek weet
dit voel vir ons nou vreemd en onregverdig, maar kom ons kom nou oor daardie gevoel). Die lied begin so:
Ek kyk op na die berge:
Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
My hulp kom van die Here,
Wat hemel en aarde gemaak het......
Psalm 121
En julle weet hoe dit verder gaan....
No comments:
Post a Comment