DAG 11
Kan maskers jou beskerm of nie?
Dis ‘n baie relevante vraag en daar is verskillende
kampe. Diegene wat reken dit kan help en ander wat reken nee, dit vererger
alles. Indien jy wel ‘n maker dra, moet dit skoon wees en afhangend van die
omstandighede moet jy ‘n beter masker dra as die normale een.
Ek het vir myself ‘n drie-laag een gemaak wat ek sal
dra, maar daar lê nog so paar wat ek gemaak het en ek iewers sal gebruik as
niemand dit gebruik nie. Dit is my spaar-maskers.
Daar is verskillende soorte maskers.
Ons dra maskers om onsself te beskerm, sal die
sielkundiges sê. Dit kan ook emosionele maskers genoem word. Maskers waaragter
ons wegkruip omdat ons bang is, met vrese lewe. Ons beskerm ons teen iets,
omstandighede soms verhoudings met ‘n persoon of persone. Ons dra ook saam met
die maskers sekere kostuums wat daarby pas en voel vir ‘n oomblik dan in beheer
en sonder vrees. Ons is nie in my omgewing groot op Halloween nie, maar blybaar
kom dit van ‘n antieke Keltiese vakansiedag af en mense geglo het dat indien
hulle maskers dra, hulle beskerm sal wees bose geeste wat op aarde ronddwaal
tydens All Hallows’s Eve. Akteurs het in die antieke Griekse teaters ook
maskers gedra om hulle “ware self”, gedagtes en emosies soort van weg te steek
en die gehoor net die maskers in-karakter
sien en waardeer. Ons dra nog steeds maskers, sommige meer subtiel. Sommer ‘n (son)bril
of grimering of ‘n hoed.
Tog wil dit lyk of dit beter is om die maskers te laat
val. Susan Sparks in ‘n artikel The Masks that we wear in Psychology Today (Okt
2015) sê daar is veral drie redes om dit te doen:
1)
Om binne en vanuit jou
potensiaal te leef. Om die potensiaal te laat uitkom, want masker perk jou in.
2)
Om verligting te ervaar. Dit
is erg uitputtend om nie eg te leef nie en koes-koes bemasker rond te leef.
3)
Om gesond te word. Maskers
kerf aan ons waardigheid en help ons om te glo dat ons nie goed genoeg is soos
ons is nie.
Ek wil vierde punt bysit. Om goeie eerlike verhoudings
te kan hê.
Vandag wil ek dan sommer
vra: Watter masker moet ek of jy laat val?
.........Maskers (2) volg binnekort in
Dag 12
No comments:
Post a Comment