Friday, October 26, 2018

Kies lewe


Lewe

I have set before you life and death
Therefore choose life – Deutr 30:19

Dis so mooi, hierdie woorde!
Nou ander dag sit ek langs die see, en kyk en dink en bid en kyk en sit en dink en voel en toe maak ek my skuldig aan 'n geïnspireerde nie-rymende woord-oomblik.

Ek sit en kyk oor die see
met haar sonblink silwer pens
en die diep basstem van branders se waterwitval
‘n Suide bries koggel kielie blare takkies

Voëltjies vlieg en sing vry
Elkeen almal dans ‘n vrye eie dans
Elkeen almal sing ‘n eie vryheidslied

Ek sit en luister
my oë nou toegebid

Ek hoor en sien 
als in een perfekte lewenspas

Asem
vloei
bries
brandend
skoon