Monday, March 29, 2010

onnerMozzibome

Ons via Hofmeyr, J'burg en Krokkedilbrug die "land of smiles" bereik. Matola is 'n tipies Afrika woonbuurt en so ook die nood. Die kindertjies kan nie ophou vra vir aandag en liefde nie. Pieter en Rika het baie commitment en 'n intense begeerte om God se praktiese elke-liefde met hierdie kinders te deel. Die bome hier staan darem en gee koelte

Friday, March 19, 2010

Twee maande en wat nog

Ek sien uit na die wegkom en wegbreek. Ek kan langer meer wag nie, maar moet eers verantwoordelik bly om in te pas by die sisteem

Tuesday, March 16, 2010

Lewensvorme

Mens het al daarvan gehoor, dat die lewe vol vorms is en dat geloof ook 'n lewensvorm is. Met sy eie taalspel om aan die vorm sin te gee en om die realiteit wat ons almal beleef mee te beskryf en interpreteer. Dit maak sin. Op 'n naiewe vlak wil ek graag he dat geloof die realiteit is en sin gee aan alle vorme van die realiteit (soos die wetenskap, tegnologie), maar die wil dit dan he dat geloof bly die vorm en binne die taalspel van geloofvorm kan geloof in God se realiteit wees. Dit maak sin.....ek sal nog verder dink en luister

Friday, March 12, 2010

Besluite oor keuses



Dit klink na 'n impressive besluit van die veelvuldige keuse kanaal se diknekke om nie die porno-keuse kanale oop te stel nie. Duisende het die afgelope tyd hande in die lug gegooi van moedelose-kwaadgevoelens. Nou is die hande in die lug van dankbaarheid.
Wat my wel nogals laat dink in 'n land met gruwelike geweldmisdaad syfers, is die min moedelose-kwaad-hande-in-die-lug veldtogte oor die geweld waaraan ons en ons kinders (en ook ons ouers) blootgestel word, selfs op die nie-veelvuldige keuse kanale. Hoor en luister mooi (ek praat maar met myself), ek voel nie goed oor enige van hierdie kale en bloederige oordaad nie, maar ons mis iewers iets van die punt.
As ek so luister en hoor en dink en wonder, dan wil ek my hande opgooi oor die vaardighede wat ons en ons kinders (en ons ouers) aangeleer het en bereid is om aan te leer, om te kies vir die goeie, die skone, die opbouende........vir die lewe.
Daar is baie realiteitsprentjies, goed en sleg. Ons kan mos kies hoe ons reageer op elkeen daarvan. Dis seker waar dat om op te staan in die publieke lewe en 'n mening te lug, 'n uitdrukking van ons keuses is. Ons is gemaak om te kies wat ons praat, wat ons hoor, wat ons doen en ons dink. Ek dink ons kan ook besluit om konsekwent te kies.

Wel dis maar hoe ek wonder terwyl die water sag neersif in die uitgedroogde Suid-Kaap en ek nou kies om my dankie-hande op te lug.....

Thursday, March 11, 2010

Facebook kursus

Ek besef dat ons woorde te beperk is om reikwydtes van ons eie werklikhede te beskryf. Soms, soos met Facebook, Twitter ens doen ons dit astrant. Die wat die wel waag, poog wel om nou realiteitsprentjies te teken.