Monday, May 31, 2010

Die reuk Onder die Akkerboom

Hoe lui die spreekwoord: arbeid adel..... Ek is terug om die akkerboom van Napierstraat 2. Dis 'n vreemde gevoel. Ek is vol gelaai met 2 maande se eenkant toe staan, met die Sondagmiddagblues oor ons spore teen die duin. Maar ek is oop opgewonde om terug te wees. Na 30 dae slaap ek vir die eerste keer weer in my eie bed. En dit is nogal lekker om die bekende reuke en donker en ligkolle van die pastorie in te neem en te weet dit het oor die afgelope 12 en half jaar my huis geword. Die reuk en kolle is goeie reuke en skakerings van die lewe. Hier het ek/ons al gelewe. Hier is my kinders gebore en het hulle geword wat hulle nou is en sal dit hopelike 'n belangrike "tuiste" wees waaruit hulle as kinders verder kan grootword. Ek steek steeds my dankbare-hande in die lug vir Reën wat God my hele lewe lank en ook nou in hierdie 2 maande gegee het. Daar is steeds dors-kolle wat nie kan ophou drink nie. Daar is iewers ook 'n Afrikaanse sanger wat sing: "Jou huis is waar jou hart is....". As dit die geval is, het ek baie huise. Die huis in die Oos-Kaap, die huis in Stellenbosch, Gunobie, en die Strand, die huis in die Swartberge, die huis in Blanco, die huis in die klowe onder die Witelse, die huis selfs op die duin. En dan ook die huis hier neffens die mastieuse akkerboom in Blanco. Jesus praat in Johannes 14 van die huis van God met die baie woonplek. Ek verstaan dit nou, want my hart is veilig by God. Nie omdat ek goed kan kies of bly kies, of goeie gene het of op 'n goeie geestelike trip is nie. Doodgewoon omdat God op een of ander mistirieuse wyse tog gekies het om my en ons liefgenoeg te hê.

Die lewe hier onder die Akkerboom het met alle intriges van die verlede, van nou (van die toekoms weet ek nie) 'n goeie reuk. Die mengsel van blaarstuif, beeskrale, mense en huisgeure is my huis waarvan ek daagliks saamsoek na 'n groter Melodie vir die lewe. Die meeste van die akkers het al vir hierdie seisoen geval, maar ek weet hier is waar ek ge-aard word. Hoewel die akkerboom nie inheems is nie, sal dit 'n spesiale boom en plek wees waar ek Nesskrop op Moeder Aarde (Robin Hood se tuiste was in die Akkerwoude en sy meer as filantropiese legende praat my diep aan: geregtigheid en regverdigheid, opkom vir die minderes, ens).

Dis goed om hier by hierdie huis te wees.........

3 comments:

  1. ek hoor die Melodie wat God jou gegee het op langverlof! dit klink mooi!

    ReplyDelete
  2. ek kan nog steeds nie sing nie, maar ek sal my tone tap en soms probeer dans en net dalk begin ek sing

    ReplyDelete
  3. uiteindelik het jy dit toe ook agtergekom - dis nou laat jy ni eintlik ka singie - hie-hie-hie, wou net sê, ek wonne ok oorie toon tap - met jou ritme soos 'n tafel weet ek nie so lekke nie - jy't my altyd gedwing om aan deure te klop as ons tok-tokkie speel, want met jou ritme - ai-ai-ai - gelukig is deurklokkies intussen uitgevinne.....

    ReplyDelete